Local newsNewsNews
Vrou vasgekeer toe boom op voertuig val
'n Vrou van Peacehaven het Vrydagmiddag (8 April 2022) beserings vrygespring toe 'n boom in Generaal Hertzogweg in Vereeniging omgeslaan en op haar voertuig geval het.
VEREENIGING. – Die vrou was glo in Drie Riviere se rigting onderweg toe die boom in gietende reën op haar nuw Kia Picanto omgeval het.
Sy was vir ruk lank in haar voertuig vasgekeer voordat die boom se takke afgesaag is sodat sy kon uitklim.
Rdl. Dalene Venter van Drie Riviere sê sy het omstreeks 15:29 ‘n oproep van ‘n motoris ontvang wat gesien het hoe die boom op die voertuig geval het.
Venter het toe die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se brandweer, verkeersafdeling en parke afdeling ontbied.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en kan later opgedateer of opgevolg word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

