Een van die Vaal se gestremde swemsterre, JP Nel, het ‘n goue medalje verower in die 100m vlinderslag by die Senior Nasionale Swemkampioenskappe.

Die kampioenskappe vind tans in Gqeberha in die Oos-Kaap plaas. JP is deel van die Oos-Gauteng swemspan en swem in die S14-afdeling.
Afrigter Benny Janssen sê dit gaan goed met die span. Die kampioenskappe duur nog tot 11 April 2022.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

