Local newsNewsNews

Blink toekoms vir Vanderbijlpark modelle

Plaaslike modelle het goed gedoen by 'n internasionale kompetise.

VANDERBIJLPARK. – Daar was groot opgewondenheid by die Figures Vanderbijlpark modelagentskap toe hul span, na twee jaar se wag, uiteindelik na die Project AIM Convention kon gaan.

Die jaarlikse byeenkoms van internasionale agente en modelle kan slegs op uitnodiging bygewoon het.

Dit vind plaas op die MSC Orchestra en die uitgenooides kry opleiding en kans om in sewe kategorieë deel te neem met internasionale kontrakte op die spel.

Nadat die Covid-19 pandemie die besonderse reis vir twee jaar gekortwiek het, het Figures Vanderbijlpark se span op 21 Maart 2022 aan boord gegaan vir die vier-dag reis.

Volgens Corlia Coetzer was daar hierdie jaar 300 deelnemers en 15 top internasionale agente op die boot wat op soek was na nuwe talent.

“Ons is trots op twee van ons modelle wat internasionale kontrakte losgeslaan het.

Reitumetse Nkaising het kontrakte in Milan en Beverly Hills gekry. Sy het ‘n plek in al sewe haar kompetisies gewen. Dit het onder andere modelwerk, grimering en televisie aanbieding ingesluit.

Alicia De Lange het ook ‘n internasionale kontrak gekry, terwyl Kgoadi Manaswe die M7 Swemdrag Kompetisie gewen het.

Lerato Mtshaulana het die M5 swemdrag en cold read kompetisies gewen.

Figures Vanderbijlpark is op die uitkyk vir modelle om hul volgende jaar by Project AIM te verteenwoordig. Kontak gerus vir Corlia Coetzer by 082 476 9479 of vir Liefie Coetzer by 072 653 8008 indien jy in ‘n modelloopbaan belangstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button