Local newsNewsNews

Hoekies help by landbouprojek

Hoërskool Driehoek se Josua Boys en Girls het hul middag by die Rita Benecke Landbouprojek geniet.

VANDERBIJLPARK. – Hoërskool Driehoek se Josua Girls en Boys het op Vrydag, 8 April 2022 by die Rita Benecke Landbouprojek gaan uithelp.

Die projek het ‘n tweeledige doel, ten eerste om kos aan die gemeenskap te voorsien, maar ook om mense op te lei in verskeie aspekte van landbouer wees.

‘n Groep van 17 leerlinge het gehelp om bossies tussen die spinasie uit te trek, kompos te maak en saadjies te plant. Suanet van der Merwe, het na die tyd laat weet dat hulle baie geleer het oor die spesiale plek wat so baie doen en soveel beteken.

Groot konsentrasie om die saadjies te plant. Foto: verskaf

“Die personeel het ons met groot opgewondenheid en groot glimlagte verwelkom. Hulle het aan ons verduidelik hoe dinge werk. Dis toe dat ons besef het dat nie alle helde noodwendig ‘n mantel dra nie, hulle is soms doodgewone mense met ‘n passie vir dit wat hulle doen en vir die gemeenskap,” het sy gesê. “Ons as Hoekies was bevoorreg om te kon help.”

Die leerlinge wat die projek besoek het was Jimmy Ernst, Justin Potgieter, Eugene Fouche, Zandré Erasmus, Theardt Schoonbee, Channelle Venter, Hanco Smith, RC Roodt, Reinhardt Brand, Nacha Coetzee, Marnus Jansen van Rensburg, Zane Botha, Ruan Henry, Bonita Lourens, Andre Jansen, Suanet van der Merwe en Justin Kleinhans.

Die landbouprojek se projekbestuurder van die Golden Triangle Chamber of Commerce, Alice De Jager het gesê dit was baie spesiaal dat die Hoekies kom uithelp het. “Ons het baie hande op die plaas nodig om te help plantjies plant.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button