Local newsNewsNews

AfriForum woeker voort in Sasolburg

"Dit is opmerklik dat daar soveel meer gedoen kan word sedert die lede ook hande begin opsteek het om ’n verskil in die dorp te maak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Die AfriForum-tak in Sasolburg het die afgelope maand weer onverpoosd gewoeker met die grassnyery om die dorp netjies te hou.

Altesaam 76 ha gras is gedurende Maart in die volgende areas gesny: Snyman, Jan Smuts, Mosega, Magersfontein, De Wildt, Totius, Nuwekloof, Koeberggroenstrook, Opperman, Pres. Swart, JG Strydom, Bloukrans, Hoёveldse Tuine, Helipad Minnaar, H.F Verwoerd, Mia’s Place.

Die sypaadjies is ook op verskeie plekke oopgespit en afgesaagde bome is opgesny.

Die tak was ook versoek om te help nadat daar ’n brand by Toni’s Fishing Paradise uitgebreek het.  ’n Paar lede het vinnig opgetree en die brand is met blasers geblus.

“Sasolburg se AfriForum-tak gaan werklik van krag tot krag omdat die AfriForum-lede besig is om deel te word van hierdie werkery. Lede kan die toerusting leen om ’n verskil in die dorp te maak en al hoe meer lede doen dit nou.

Een van die parke waar die tak gereeld gras sny.

Volgens Johan Cooks, voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, kry die tak baie meer gedoen vandat die gemeenskap betrokke begin raak het. Die Hoёveldse Tuine is ook ’n projek waarmee die tak besig is en die tak het groot planne vir dié projek.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 45344 (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button