Local newsNewsNews
Vyf sluise by Vaaldam oopgetrek
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het vanoggend ’n vloedwaarskuwing uitgereik en gesê dat daar teen 12:00 vyf sluishekke by die Vaaldam sal oop wees.
VEREENIGING. – Gister (Dinsdag 12 April 2022) is daar reeds drie sluishekke oopgetrek.
Volgens die verklaring sal die eerste bykomende sluishek Woensdag (13 April 2022) om 10:00 oopgetrek word en die tweede sluishek om 12:00.
Inwoners wat langs die Vaalrivier en in laagliggende gebiede bly word gewaarsku dat watervlakke sal styg.
Die Vaaldam is tans 113.31% vol.
Daar is ‘n invloei van 949.33 m3/s en ‘n uitvloei van 493.9 m/s.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

