LifestyleNewsOpinions

Bejeën die wonder van vandag met meer ontsag

"Ouer word bring my tot die diepe besef van hoe kosbaar vandag eintlik is"

Adv. Ansie Swanepoel van Vanderbijlpark skryf:

Hou die hemel oop vir as ek kom… dalk is dit vandag… net die Here weet,’ sing Riana Nel terwyl ek en Klara, (Floorsie se opvolger), Polokwane toe ry.

Eintlik wou ek stop om die asemrowende sonsondergang wat my truspieël in ‘n wonderbeeld omtower het, af te neem, maar ek wou hier kom voor die donkerte om my toevou… Ou oë sien nie goed in die donkerte nie. Tyd.. gister vandag more…Meer as ooit gebruik ek vandag om van gister te herstel, of om gister se wrok meer in te kleur en op te pof of more om te droom met allerhande ‘nou dat’ of ‘as ek maar’ redenasies oor dit wat ek as gevolg van gister nie het nie…Iewers tussen dit gaan die kosbaarheid van vandag verlore…My vandag eindig baie keer eers moreoggend en dan moet ek vinnig slaap, want more se son is reeds aan die horison…En vinnig slaap beteken min – indien enige – tyd vir droom…

En voor ek my kan kry is vandag en more net nog ‘n deel van gister se uitmis…Ouer word bring my tot die diepe besef van hoe kosbaar vandag eintlik is, dis immers al waaroor ek ‘n mate van beheer het. Dalk is dit tyd om die wonder van vandag met meer ontsag en agting te bejeën.

More is dalk te laat, te ver of nooit…

 

Adv. Ansie Swanepoel.

*********************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button