Local newsNewsNews

Liters en liters water vermors

Die parkeerterrein agter Shoprite in Drie Riviere is onder water weens 'n gebarste pyp in Touwstraat wat glo al vir weke lank lek.

VEREENIGING. – Volgens inwoners sleep die probleem nou al vir minstens drie weke lank voort.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het verlede week in ‘n verklaring gesê miljoene liter duur, behandelde water gaan verlore as gevolg van verouderde infrastruktuur wat nie deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in stand gehou word nie.

Volgens die DA se hoof van die Emfuleni Sentraal-kies afdeling, Dady Mollo, word bykans 47-57% van die munisipaliteit se water vermors weens verouderde pype, onwettige netwerkverbindings, ineenstortende infrastruktuur, foutiewe meterlesings en verouderde stelsels.

Die parkeerterrein is onder water weens ‘n gebarste pyp wat in drie weke se tyd nog nie herstel is nie. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button