LetterNewsOpinions

‘Vroeë sluiting van hekke veroorsaak ongerief vir voetgangers en inwoners’

"Omdat die sentrumhekke gesluit was, moes van die werkers in die donker met ‘n ander roete deur slaggate vol water loop"

Lynette Hugo van Bedworthpark skryf:

Ek is bitter ongelukkig oor wat hier in Bedworthpark aangaan, en al vir baie lank, rakende die klomp hekke by Builders Warehouse, en na die omliggende strate.

In die eerste plek weet niemand blykbaar wie die hekke oopsluit of in die aande toesluit, of wie daarvoor verantwoordelik is nie.

Builders sê dit is mense van Pick n Pay en so word die beskuldigings heen en weer geswaai. Die eintlike probleem is dat die hekke hier na die huise se kant toe sommer al 17:30 gesluit word, en dan is daar mense wat nog by Pick n Pay werk tot 18:10 wat moet huis toe loop. Gisteraand, 4 April was dit byvoorbeeld vroeg donker, dit het gereën en daar was nie ‘n enkele straatlig wat gewerk het nie. Omdat die sentrumhekke gesluit was, moes van die werkers in die donker met ‘n ander roete deur slaggate vol water loop en hoop hulle kom lewendig by hul huise uit.

Dit is absoluut onaanvaarbaar, ek dink die mens of mense wat die hekke sluit, moet asseblief tot 18:00 wag voordat hulle die hekke sluit, want dít is die tyd wat dit veronderstel is om te sluit, maar soos ek sê, niemand weet wie is verantwoordelik vir die sluit van die hekke nie.

Ek dink dit is ‘n saak wat dringend aandag nodig het aangesien dit winter word en saans vroeg donker word.

* Vaalweekblad het werkers en inwoners van omliggende strate wat deur die heksluitings geraak word, se klagtes aan die betrokke sentrum se kettinggroepe oorgedra. Die saak geniet aandag.

******************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button