Local newsNewsNews

Kruisstasies weer by Vaalrivier Gemeente

'n Besonderse belewenis vir Christene hierdie Paastyd

VANDERBIJLPARK. – Tien jaar gelede het Ds. Neels De Jager vir die Vaalrivier Gemeente se pastorale berader, Alta Botha ‘n besonderse projek gegee.

Hy wou hê hulle moes Jesus se Lydensweg oor die Paastyd uitbeeld.

Pastorale Berader, Alta Botha voor die ingang van die saal wat na die Kruisstasie lei.

Alta sê na vele beplanningsessies het die projek vorm aangeneem in die vorm van die Kruisstasies.

Sedertdien word dit elke jaar gedoen, met die uitondering van die pandemie jare.

“Dit is vir ons besonders om dit hierdie jaar weer te mag aanbied. Om die verskillende stasies te bou is harde werk en neem ongeveer ‘n week, maar dis alles die moeite werd.”

Die laaste Kruisstasie bied ‘n Nagmaaltafel aan die besoeker.

Die Kruisstasies bestaan uit afsonderlike stasies wat elkeen ‘n gedeelte van die Lydensweg uitbeeld.

Dit begin waar Jesus sy dissipels se voete gewas het, die laaste Avondmaal en dan Jesus se worsteling in die tuin van Getsemané, sy arrestasie, die verhoor en kruisiging.

Dit sluit af met Sy opstanding en ‘n Nagmaaltafel.

Sagte beligting en agtergrondmusiek skep ‘n rustige atmosfeer en elke stasie bied ‘n interaktiewe belewenis vir oud en jonk.

‘n Volledige handleiding is by die deur beskikbaar wat elke stasie of belewenispunt verduidelik.

Elke punt het ook stoele waar mense rustig kan vertoef.

Alta sê hulle het oor die jare al duisende mense met die projek aangeraak.

Besoekers ervaar dit as ‘n intens emosionele belewenis.

Almal is welkom om ‘n toer deur die Kruisstasies te onderneem.

Toegang is gratis. Tye is van 10:00 – 18:00 elke dag tot Saterdag, 23 April 2022.

Vaalrivier Gemeente is geleë op die Barrage pad ongeveer 5 km vanaf die Vaal Mall.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button