Local newsNewsNews

Sabotasie moontlik oorsaak dat Vanderbijl langnaweek sonder krag begin

VANDERBIJLPARK. - 'n Harde slag omstreeks 07:30, gevolg deur onmiddelike elektrisiteit verlies, was hoe inwoners in die meeste dele van die dorp vanoggend die langnaweek begin het.

Dit is kort daarna bekend gemaak dat kwaaddoeners die sekuriteit by die Curie Boulevard Substasie ‘n rat voor die oë gedraai het deur hulle as werknemers van ELM voor te doen en toegang tot die perseel verkry het.

Die mans was glo vir ‘n wyle in die kragstasie besig, waarna daar op kringtelevisie gesien kan word hoe hulle weghardloop, in hul motors spring en wegry. Die ontploffing het kort daarna plaasgevind wat dit laat voorkom of dit beplande sabotasie was.

Daar sal nou ondersoek moet word hoe die personeel van die sekuriteitmaatskappy wat glo R6 miljoen per maand betaal word om te sorg dat die soort voortval nie gebeur nie, dit so maklik laat gebeur het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button