Local newsNewsNews

Hondeskou: Jimnah Juliette swaai die septer én stert

SASOLBURG. - Van die land se mooiste bulterriërs was onlangs die middelpunt van belangstelling by die Noord-Vrystaat Bulterriërklub se jaarlikse skou.

Die skou is op 9 April op die terrein aan die voorkant van die DP de Villiers-stadion gehou en beoordelaar Deon Schoeman ROM het homself goed van sy taak gekwyt.

Die uitblinker van die skou – Jimnah Juliette wat verskeie pryse verwerf het, insluitend Best in Show.

Daar was ook ‘n ookblik van pandemonium toe een van die honde uit haar hok gekom het. Sy het vir die eerste naaste hond in sig gegaan, maar gelukkig het die ander honde eienaars vinnig hul honde opgetel, waarna dit ‘n hele paar mans geverg het om haar onder beheer te kry en weer in haar hok te sit.

Niemand is beseer nie en die skou kon weer voortgaan.

Die hond wat uit haar hok uitekom het.
Die eienaar het vinnig opgetree en sy hond opgetel.

Die uitslae is:

Best in Show:  Jimnah Juliette Reserve

Best in Show: Franjan Robert the Bruce of Wilbod

CC Dog: Franjan Robert the Bruce of Wilbod

RCC Dog: Jimnah Bisto Clyde

CC Bitch: Jimnah Juliette

RCC Bitch: Tsadderk Mary Solitaire

Best Champion Dog: Ch Herdre Snowflake JM

Best Champion Bitch: No entry

Best Puppy in Show: Wilbod Sassy Girl

Best Puppy in Show: Wilbod Sassy Girl speel uitbundig na al die harde werk op pryse te wen.

Best Junior in Show: Jimnah Bisto Clyde

Best Baby Puppy in Show: Jimnah Bravehart Mattley of Tsadderk

Jimnah Bravehart Mattley of Tsadderk.

Best Mover: Jimnah Juliette

Best Head: Jimnah Juliette

Best Coloured: Jimnah Juliette

Best Substance: Franjan Robert the Bruce of Wilbod.

Niczee Floki, een van die deelnemers by Saterdag se skou.
Plaaslike deelnemer Lourens van Zyl van Qen Bulterriers saam met nog een van sy bulterriërs, Qen Bruce.

Beoordelaar Deon Schoeman saam met Qen Jasmin van plaaslike deelnemer Lourens van Zyl. Foto’s: Elsje Vermeulen
“As ek groot is gaan ek ook so mooi soos jy wees”.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button