Kunstedraai komedie-aand sorg vir groot pret
Lag is goeie medisyne, vra maar net die mense wat onlangs Kunstedraai se komedie-aand bygewoon het.
VANDERBIJLPARK. – Lagspiere het oortyd gewerk by die Akademie vir Drama en Kuns (ADK) se komedie-aand op Vrydag, 8 April.
Die ADK-spanne het die gehoor by Kunstedraai met verskeie produksies bekoor.

Elkeen van die toneelstukke was hul unieke weergawes van ou treffers soos Orkney Snork nie en Two and a half men.
Die aand het begin met Jay-Dee Conradie wat sy beste Nataniël karakter uitgehaal het, met ‘n paar Nataniël sketse.
Die produksies was Friends, Ookie Lekker Wakker Nie, Two & a Half Woman en Kaaskoek Kasteel.
Die doel was om weer vir ‘n slag net lekker te lag, en dit was bereik.
Rachelle Lourens ADK se Kommunikasiebestuurder het gesê: “Die ADK studente van Vanderbijlpark het hul talent op die verhoog laat lewe. Plaaslike talent wat beslis groter word. Hou Kunstedraai dop vir nog opkomende teateraande.”

