Local newsNewsNews

KYK: Paaseierjagtog in Leeuhof gehou

Daar was groot opwinding en gesiggies wat met sjokolade besmeer is toe ongeveer 200 kinders van Leeuhof op Goeie Vrydag (15 April 2022) aan 'n Paaseierjagtog in die veldjie langs Wildebeeslaan in Leeuhof deelgeneem het.

VEREENIGING. – Volgens mev. Anne-Marie Slabbert van die niewinsgewende organisasie Mekayla Memorial, wat die Paaseierjagtog gereël het, het hulle ongeveer 800 paaseiers in die veldjie versteek.

Die Paaseierjagtog het omstreeks 12:00 afgeskop waarna honderde van die buurt se kinders met oorgawe begin soek het vir die versteekte paaseiers.

Daar is heerlik aan die paaseiers wat gevind is gesmul.

Slabbert, wat in 2010 haar driejarige dogtertjie Mekayla (3) in ‘n fratsongeluk verloor het, hou sedert 2013 jaarliks die Mekayla Memorial Kerspartytjie waartydens sy jaarliks ongeveer 500 minderbevoorregte kinders van Leeuhof by haar huis bederf.

Volgens Slabbert is dit die eerste jaar wat die Paaseierjagtog gehou word.

Slabbert sê: “Ons hou elke jaar die Kerspartytjie, maar daar gebeur niks oor Paasfees nie, omdat ek gewoonlik vir die Paasnaweek weggaan.

Hierdie jaar was ek by die huis omdat ek ‘n operasie ondergaan het.

Ek het toe dit goedgedink om die Paaseierjagtog jagtog te hou.

Dit was ‘n reuse sukses! Ons gaan dit defnitief volgende jaar weer hou,” sê Slabbert.

Volgens Slabbert kon die Paaseierjagtog alleenlik danksy die borgskappe van Scottish Rite, die Vryemesselaars, Royal Foods en Olympic Drankwinkel plaasvind.

‘n Kind van Leeuhof se mond met sjokolade besmeer nadat sy een van die 800 Paaseiers wat in die veldjie versteek is gevind het. Foto: Verskaf
‘n Kind van Leeuhof smul aan ‘n Paaseier tydens die Paaseierjagtog wat op Goeie Vrydag (15 April 2022) gehou is. Foto: Verskaf
Deelnemers aan die eerste Paaseierjagtog in Leeuhof. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button