Local newsNews
Pasop vir Groot slaggate in Frikkie Meyer Boulevard!
Die slaggat is naby die spoedkameras in Frikkie Meyer in die rigting van Vanderbijlpark se sakesentrum
Vanderbijlparkse motoriste moet op die uitkyk wees vir twee nuwe slaggate in Frikkie Meyer-boulevard, wat vermoedelik weens al die reën van die afgelope dae ontstaan of opnuut oopgegaan het. Albei is op die baan wat van Checkers in die Gat se kant af in die rigting van die Barrage-pad gaan. Die grootste van die twee slaggate is redelik na aan die spoedkameras in Frikkie Meyer-boulevard en die kleiner een ‘n kort entjie verder. Ry maar versigtig hier. Dit sal ‘n voertuig erg kan beskadig as mens die slaggate miskyk en dit selfs net teen normale spoed tref.

*************************************************************************
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

