Local newsNewsNews
KYK: Toegangspad onder water nadat watervlak van Kliprivier styg
Die watervlak van die Kliprivier het oornag aansienlik gestyg en 'n gedeelte van die toeganspad na die Riverfront Estate in Drie Riviere was Dinsdagoggend (19 April 2022) onder water.
VEREENIGING. – Volgens Dalene Venter, raadslid vir Drie Riviere, sal watervlakke na verwagting nog verder styg.
Daar is reeds vyf sluise oop by die Vaaldam.
Blykbaar sal nog twee bykomende sluise van die dam later vandag opgetrek word, die eerste sluis om 10:00 en die tweede een om 12:00.
Dit sal beteken dat daar teen vanaand sewe sluise by die Vaaldam sal oop wees en dat die Vaalrivier se vlak ook sal styg.
Venter meen daar is tans nog nie rede tot kommer nie en die situasie word deurlopend gemonitor.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


