Vloedwaters dwing plakkers om te trek
Die stygende watervlak van die Kliprivier het veroorsaak dat baie van die hawelose mense wat Vosloopark die afgelope paar maande hul tuiste gemaak het nou 'n ander blyplek moet vind.
VEREENIGING. – Inwoners van die park in Drie Riviere moes inderhaas hul plakkerskolonie ontruim toe die rivier vroeg Dinsdagoggend (19 April 2022) opgestoot het.
Groot gedeeltes van die park is reeds onder water en die watervlak het aansienlik gestyg sedert vanoggend.
Ondanks verskeie pogings om die plakkers uit die park te verwyder het hulle tot onlangs toe nog daar gebly.
Die feit dat die Vaalrivier en Kliprivier in vloed is het hule egter genoodsaak om nuwe verblyf te soek.



‘n Pan het oorgebly nadat ‘n groep plakkers hul kolonie inderhaas moes ontruim. Foto: Verskaf

