Local newsNewsNews

Oud-Drierie sluit kontrak met Cheetahs

’n Oud-hoofseun van Hoërskool Drie Riviere het onlangs ‘n kontrak met die Cheetah’s gesluit.

VEREENIGING. – Thabang Mahlasi (22), wat in 2018 aan Hoërskool Drie Riviere gematrikuleer het en hoofseun van die skool was, studeer vir sy BCom-graad in Beleggingsbestuur en Bankwese aan die Universiteit van die Vrystaat (UVS).

Sedert hy gematrikuleer het  gaan sy rugbyloopbaan van krag tot krag.

Hy is tans die kaptein van die Shimlas en lei die span van voor.

Die kranige slot sal wel vir die Cheetahs speel maar sal nog in een Varsity Cup vir die Shimlas speel.

Van daar af sal hy vir die Cheetahs in die Curriebeker speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button