LetterLifestyleNewsOpinions

Pasop vir slote op Barrage-pad!

Die slote kan glad nie raakgesien word in die donker nie en mens kan dit selfs bedags miskyk.

Charné Van Zyl van Vanderbijlpark skryf:

Ek wil almal net vra wat van die “Kruising van die dood” af na die kleinhoewes se kant toe ry, om asseblief mooi te kyk waar julle ry. Daar is slote op sekere plekke langs die pad gegrou en daar is nie versperrings of waarskuwings opgerig om aan te dui dat daar slote is nie. Van die slote is nogal diep. Ons het die oom wie se kar op die foto gesien kan word, gehelp om uit te kom. Hy het nie eers die sloot gesien nie en ons is ook amper met ons kar in een in.

 

************************************************************************************************************

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button