Local newsNewsNews
Voormalige Bok sterf in motorongeluk in Amerika
Die voormalige Springbok-rugbyspeler Pedrie Wannenburg (41) is gister (Vrydag, 22 April) in Houston, Amerika in ‘n motorongeluk oorlede.
Wannenburg, sy vrou Evette en hul twee kinders (‘n seun en ‘n dogter) was ten tye van die ongeluk in die voertuig. Wannenburg is later in die hospitaal oorglede. Sy seuntjie Francois is steeds in ‘n kritieke toestand.
Die grusame ongeluk is glo veroorsaak deur ‘n jeugdige (16-jarige) wat vir die polisie weggejaag het.

* Wannenburg het die Austin-rugbyklub afgerig. Hy het in 20 toetse vir die ‘Bokke gespeel en meer as 100 keer in SuperRugby vir die Bulls uitgedraf. Hy hou die rekord vir 99 wedstryde agtereenvolgens vir die Bulls. Hy het drie SuperRugby-kampioenskappe en vyf Curriebekers vir die Bulls help wen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
