Local newsNewsNews
Vloedwater sak weer terug
Die watervlak van die Kliprivier is stadig maar seker besig om te sak en die Vaaldam is effens leër as wat dit Donderdag (21 April 2022) was.
VEREENIGING.– Die vlak van die dam het op Donderdag (21 April 2022) net onder 116% gestaan, maar met agt sluise oop het die watervlak teen Sondag (24 April 2022) gesak tot ongeveer 113%.
Volgens die jongste syfers was daar teen Sondag ‘n invloei van 658 m³per sekonde en ‘n uitvloei van 1 301 m³ per sekonde by die dam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

