Local newsNewsNews

Deneysville kerkbasaar om die draai

Maak 'n draai by die Vaaldam en kom kuier bietjie op Deneysville!

DENEYSVILLE. – Hier is iets om na uit te sien.

Terwyl die Vaaldam oorloop en die laaste kosmosse nog geil staan, is daar nog ‘n rede om jul motors in die rigting van Deneysville te stuur.

Boeremusiek is ‘n moet.

Die NG Kerk hou weer hul regte-egte tone-omkrullekker boere basaar op 7 Mei 2022. Die verrigtinge begin om 08:00.

‘n Boereorkes gaan die musiek verskaf, met plaaslike sanger, Armand Du Preez wat gehoor sal kan word.

Die handwerktafel is altyd besonders

Nog ‘n hoogtepunt is die mini-veiling wat om 12:00 gaan plaasvind.

Daar sal heeldag speletjies wees wat die jongklomp gaan besig hou.

Bring genoeg kontant vir al die mooie handwerk wat jy as geskenke vir ma vir Moedersdag kan koop, of jouself mee kan bederf.

Dan is daar natuurlik die eetgoed.

‘n Basaar sonder jaffels, pannekoek en vetkoek is geen basaar nie.

Lipleklekker jaffels, vetkoek, kerrie en rys, worsbroodjies, sosaties en spitbraai gaan enige koue en hongerkolle verdryf, maar hou maar ‘n plekkie oop vir nagereg, boeretroos koffie, tee en koeldrank.

Daar sal plaasvars vleis, lekkergoed, koek en ander gebak verkoop word.

Kom kuier sommer heeldag saam!

Waar:
NG Kerk Deneysville in die hoofstraat van Deneysville, Vrystaat.

GPS: -26.89097299684788, 28.097052717038192

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button