Local newsNewsNews

Marita se 5m marathon – die wonderwerk gaan voort

Marita se vriende het nog 'n fondsinsamelingspretloop vir haar gereël en die keer kon sy dit bywoon en selfs deelneem!

VANDERBIJLPARK. – Een van die Vaal se moedigste MS-lyers, Marita Seyffert het Saterdag weer bewys hoeveel deursettingsvermoë en geloof sy het.

Marita of Griekie soos sy onder haar geliefdes bekend staan, saam met haar vriende wat die pretloop gereël het. Foto’s verskaf

Met haar sprankelende positiwiteit het sy een en almal verras toe sy die laaste 5m van ‘n pretloop met haar loopraam afgelê het.

Die pretloop is op 23 April 2022 by die Heron Banks Gholfbaan gehou om fondse in te samel vir Marita se verdere behandeling na die suksesvolle stamseloorplanting.

Die glimlag is altyd daar.

“Dit was ‘n groot sukses”, het Marita na die tyd laat weet nadat sy verlede week hard geoefen het om die 5m te kan loop.

Voorwaar ‘n belewenis om te sien nadat sy maande lank aan haar rolstoel gekluister was.

Gaan kyk gerus die video hier. 

Om meer oor Marita se pad voor en na die stamseloorplanting te lees gaan gerus na https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/127511/marita-voorbeeld-en-kampvegter-vir-ms-lyers/ en https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/130692/n-wonderwerk-vir-paasfees/.   

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button