Local newsNewsNews

Ongeluk dwing verkeer op R59 tot stilstand

'n Ongeluk naby die Randvaal-afrit het Maandag (25 April 2022) verkeer op die R59-snelweg (suidwaarts) tot stilstand geruk.

DALESIDE. – Twee mans is beseer toe twee vragmotors Maandag (25 April 2022) naby die Randvaal-afrit op die R59-snelweg met mekaar gebots het.

Volgens Russel Meiring, ‘n woordvoerder vir ER24, het ER24 en die Midvaal-brandweer omstreeks 11:03 by die toneel aangekom en een vragmotor bo op die ander langs die snelweg aangetref.

Een van die mans het op die toneel rondgeloop en ‘n ander was in die vragmotor vasgekeer. Die man in die voertuig was in ‘n kritieke toestand terwyl die ander een matige beserings opgedien het,” vertel Meiring.

‘n Hyskraan is gebruik om die een vragmotor van die ander een af te lig.

Daarna kon die Midvaal-brandweer die beseerde man uit die vragmotor sny.

Die pasiënt is op die toneel behandel en na ‘n privaathospitaal geneem vir behandeling.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en kan opgedateer of opgevolg word sodra meer inligting bekend is.

Die ongeluk het verkeer op die R59 ontwrig. Foto: Christiaan Cloete
Lugfoto van die ongelukstoneel van naderby. Foto: Christiaan Cloete
Die ongelukstoneel. Een vragmotor het op die ander beland en moes met ‘n hyskraan gelig word voor die insittende uit die wrak bevry kon word. Foto: ER24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button