Local newsNewsNews

Twee beseer, een kritiek, toe twee vragmotors op R59 bots

Twee mans is beseer toe twee vragmotors Maandag (25 April 2022) naby die Randvaal-afrit op die R59-snelweg met mekaar gebots het.

VEREENIGING. – Volgens Russel Meiring, ‘n woordvoerder vir ER24, het ER24 en die Midvaal-brandweer omstreeks 11:03 by die toneel aangekom en een vragmotor bo op die ander langs die snelweg aangetref.

Een van die mans het op die toneel rondgeloop en ‘n ander was in die vragmotor vasgekeer. Die man in die voertuig was in ‘n kritieke toestand terwyl die ander een matige beserings opgedien het,” vertel Meiring.

‘n Hyskraan is gebruik om die een vragmotor van die ander een af te lig.

Daarna kon die Midvaal-brandweer die beseerde man uit die vragmotor sny.

Die pasiënte is op die toneel behandel en na ‘n privaathospitaal geneem vir behandeling.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button