Local newsNewsNews
Highland Festival: Doedelsakke seëvier teen modder
VANDERBIJLPARK. - Die Covid-pandemie het die afgelope twee jaar die Highland Festival & Gathering in die wiele gery, maar vanjaar kon nie eens die modder besoekers weghou nie.

Dit vorige aand se reën, en selfs die bui reën wat Saterdagoggend uitgesak het, het die terrein by die Emerald Resort & Casino in ‘n modderbad omskep, maar die doedelsakke het geseëvier.
Daar was sommer hope pret terwyl besoekers aan die Skotse kultuur, musiek en kos blootgestel was. Daar was Skotse lekkernye soos “haggis”, “black pudding” en “Scottish Eggs” te koop. Daar was ook ‘n biertent waar lekker gekuier is terwyl die kinders op die mallemeule kon pret hê.













At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

