Renegades en ‘Bring Hoop’ maak R57-roete skoon
Enigiemand wat bereid is om ‘n geldelike bydrae hiervoor te maak, kan Stephen by 082 573 1190, of Ettienne Stoltz van die Renegades by 083 388 0246 kontak.
SASOLBURG. – Die lang gras langs die R57-roete sowel as groterwordende slaggate op dié pad tussen Sasolburg en Vanderbijlpark word lankal deur motoriste as ‘n groot gevaar beskou.
Die organisasies Bring Hoop Vaaldriehoek en die Renegades het verlede week met boskappers en ander toerusting ingespring om die lang gras te begin sny.
“Dis egter net die begin,” sê Stephen Venter van Bring Hoop. Buiten om die gras kort te sny, wil dié organisasies ook die groot taak aanpak om die slaggate op die R57 op te vul.
“Die veiligheid van ons dorpe se mense is nog altyd na aan ons hart. Die pad is tans ‘n groot gevaar vir ons geliefdes en ons sal net eenvoudig ‘n plan móét maak,” sê hy.
Enigiemand wat bereid is om ‘n geldelike bydrae hiervoor te maak, kan Stephen by 082 573 1190, of Ettienne Stoltz van die Renegades by 083 388 0246 kontak.
Sakke teer kan ook geskenk word. Kontak gerus vir Ram by 081 473 7224 as jy een of meer sakke teer teen R70 elk wil borg.
Die organisasies benodig ook nog vrywilligers om met die werk te help.




