Local newsNewsNews
Twee vas vir dwelms na klopjag in Drie Riviere
Twee verdagtes is Maandag (25 April 2022) by ’n woning in Drie Riviere in hegtenis geneem vir die besit van dwelms met die opset om dit te verkoop.

VEREENIGING. – Volgens die Sektor 2-taakspan het hulle omstreeks 17:20 Maandag inligting ontvang oor dwelms wat by ’n woning in Drie Riviere verkoop word.
Lede van die Sektor 2 GPF-taakspan, die Sedibeng-honde-eenheid en VR Security het verdere inligting bekom en omstreeks 21:35 ’n klopjag by die perseel uitgevoer.
Dertien mense is by die perseel aangetref en die polisie het ‘n deeglike soektog gedoen.
’n Polisiehond het drie groot sakke dwelms en dwelm-toebehore uitgesnuffel.
Die polisie het op die vonds beslag gelê.
Twee verdagtes is in hegtenis geneem vir die besit van dwelms en ook vir handeldryf in dwelms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


