Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Ek het hier gedraai en daar gekuier en darem werk gedoen gekry ten spyte van die weeklange kragonderbreking.

Terwyl Woensdag (alweer) ‘n vakansiedag is, het die Vaalweekbladspan hard gewerk om die koerant ‘n hele dag vroeër op straat te kry.

Soos gewoonlik is daar allerande interessante brokkies nuus en gebeure vasgevang.

Uitpraat sal ek nou nie uitpraat oor my kollegas se berigte nie, daarvoor moet julle maar die koerant gaan koop.

Oor my eie sal ek wel die een en ander sê:

Die week vertel ek in Ek sê maar net … hoe ek die weeklange kragonderbreking net-net baas geraak het.

Ons maak ‘n draai by Die Anker Skool in Vanderbijlpark en kuier saam met hul skoolhoof tussen die poue.

Dan het ek ook met Werner Joubert bekende tennisafrigter van Sasolburg gaan gesels en ons maak nader kennis met Jurgens Swartz – die 9-jarige wat weet hoe om gehore met sy monoloë te laat skater.

Gaan kry jou Vaalweekblad nou, kry vir jou ‘n warm beker koffie of tee en ontspan bietjie met die week se lekkerlees stories.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button