Local newsNewsNews
Oud-Valia hoofleier presteer in die VSA
Willem Coertzen is "Freshman of the Year".

Willem Coertzen (Valia Matriek 2020 en VLR Voorsitter) studeer tans ’n Aktuariële graad aan Arkansas State University in die staat van Arkansas in die Verenigde State van Amerika (VSA).
Willem, talentvolle sportman wat reeds ook hier in SA naam gemaak het op sportgebied, neem tans in die VSA deel op universiteitsvlak aan gewigstoot, diskus en hamergooi.


Hy is onlangs vir sy harde werk vereer om as die universiteit se “ Freshman of the Year “ aangewys te word. Die toekenning word jaarliks toegeken deur alle sportsoorte van die universiteit se afdelingshoofde, afrigters en mede-atlete.
Dit is voorwaar ‘n puik prestasie en Vaalweekblad is saam met Willem se familie en Valia-familie trots op hierdie oud-Valie.

*Inligting: HS Transvalia
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

