Inwoners van beveiligde aftreeoord helder oor dag besteel
Daar is op Vrydag 15 April 2022 (Goeie Vrydag) by twee eenhede in die Drie Riviere Aftreeoord (Fase 2) ingebreek en juweliersware, 'n televisiestel en ander items gesteel.
Die booswigte het vermoedelik tussen 13:00 en 15:30 verby die sekuriteitswagte en kameras gekom en by twee eenhede – ‘n woonstel in die N-ry en ‘n woonstel in die P-ry – ingebreek.
Die seun van ‘n 72-jarige vrou by wie daar ingebreek is, sê die verdagtes het die agterdeur oopgebreek en vermoedelik sodoende toegang tot die eenheid te verkry.
Hulle het ook die veiligheidshek oopgebreek, juweliersware gevat, sowel as ‘n kluis uit die muur geruk.
Die bejaarde inwoner het omstreeks 17:00 by huis gekom nadat sy eers by haar kinders en toe by ‘n vriendin gekuier het.
Met aankoms het sy gemerk dat die plek is omgedolwe is.
Sy het dieselfde aand ‘n oproep van ‘n onbekende persoon ontvang wat haar meegedeel het dat hy ‘n waardasie sertifikaat vir haar juweliersware, sowel as ‘n sleutel vir haar voertuig in ‘n veld in Boksburg opgetel het.
Albei items was in die kluis wat gesteel is.
Die persoon het glo haar nommer op die waardasie sertifikaat gekry.
Haar seun het die volgende dag gery om die items by die persoon se huis in Boksburg te gaan afhaal.
Die waardasies sertifikaat kan help met die versekeringseis.






