Local newsNewsNews

‘Kom ondersteun asb. die mosie van wantroue-vergadering Woensdag’

VANDERBIJLPARK. - Raadslid Gerda Senekal van die VF Plus het onlangs 'n mosie van wantroue en verwydering namens die party teen die ANC-burgemeester in Emfuleni ingedien. Die vergadering om die mosie aan te hoor, gevolg met 'n stemproses vind Woensdag plaas en Rdl. Senekal doen 'n beroep op die gemeenskap om dié belangrike vergadering by te woon.

 Die vergadering vind Woensdag, 4 Mei, om 10:00 in die Vereeniging Banketsaal plaas.  Die proses sal soos volg verloop:

Dit is ‘n spesiale vergadering met net een item op die lys. Rdl. Gerda Senekal sal die mosie van wantroue wat sy ingedien het voorlees, daarna sal gestem word.

“Dit is hier waar ons  die gemeenskap se hulp gaan nodig hê as getuies en te sorg dat die telling reg geskied,” sê Rdl. Senekal. “Ons doen egter ‘n beroep op die gemeenskap om die vergadering in ‘n goeie gesindheid by te woon sodat die verkiesing seepglad kan verloop”.

Indien die mosie van wantroue sou slaag, sal die huidige burgemeester en sy tien komiteelede onmiddelik uit hul poste onthef word. Daar sal dan binne 7 dae nog ‘n vergadering gehou word waartydens ‘n nuwe  burgemeester en nuwe komiteelede gekies moet word.

Dit sal geskiedenis wees as die ANC vir die eerste keer in 20 jaar as regerende party in Emfuleni verwyder kan word. Dit sal beslis groot opslae in Gauteng maak!

Daar sal dan ‘n hele nuwe samestelling wees van samewerkende ooreenkomstige partye om beheer te vat en beter dienslewering te bied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button