Local newsNewsNewsSportSport

Maak gereed vir die Midvaal Marathon in Mei!

Die Midvaal Marathon in Mei sal op 29 Mei vanjaar uiteindelik in Meyerton plaasvind!

MEYERTON. – Die Midvaal May Marathon was oorspronklik geskeduleer om in Mei 2020 plaas te vind, maar uitgestel weens die wêreldwye Covid-19-pandemie wat die wêreld op sy kop gedraai het.

Op 29 Mei vanjaar sal die marathon uiteindelik in Meyerton plaasvind!

Hierdie vinnige en plat nuwe marathon wat deur die Meyerton Atletiekklub aangebied word, word beskou as ideale kwalifiserende marathon vir die Comrades Ultramarathon.

Met minder as 300m toename in hoogte (268m om presies te wees!) en afdraandepad vanaf die 34km merk tot by die einde is hierdie enkelrondte marathon (42.2km) roete gemaak vir vinnige tye.

Die marathon neem atlete verby die beroemde Midvaal-renbaan waar die legendariese F1-renjaer in 1992 ‘n rekord opgestel het vir die vinnigste rondte om die renbaan. Foto: Verskaf

Die byeenkoms begin en eindig by die Midvaal Sport- en Konferensiesentrum in Meyerton en sal atlete deur Meyerton, Golfpark, Henley on Klip, Daleside en Riversdal neem.

Behalwe dat dit ‘n ideale kwalifiserende marathon vir Comrades 2022 is, is die geleentheid daarop gemik om die Midvaal Munisipaliteit as ‘n sport- en toerismebestemming vestig.

Daar is heelwat besienswaardighede op die roete, soos ’n spookhuis langs die treinspoor in Henley on Klip (op die 21.1km roete) en die wêreldbekende Midvaal-renbaan (naby die 33km merk op die marathonroete) waar die Formule 1 legende Michael Schumacher sedert 1992 die rekord hou vir die vinnigste rondte om die baan!

Henley on Klip se spookhuis in een van die interessante bakens langs die 21.1km roete. Foto: Verskaf

Die marathon neem atlete ook verby die bekende Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls, ’n wêreldklas skool vir meisies wat in 2007 deur die bekende Amerikaanse geselsprogramaanbieder, skrywer en filantroop Oprah Winfrey geopen is.

Daar is ook ’n gepaardgaande halfmarathon (21.1km), sowel as ’n 10km-wedloop en ’n 6km-wedloop vir atlete wat ’n korter afstand wil hardloop.

Die marathon neem atlete verby die Oprah Winfey Leadership Academy wat in 2007 deur die Amerikaanse televisiepersoonlikheid Oprah Winfrey geopen is.

 

Al die 2000 inskrywings vir die marathon is reeds opgeëis maar daar is nog inskrywings vir die korter afstande oor.

Inskrywings kan aanlyn gedoen word.

*Besoek www.midvaalmaymarathon.co.za of volg Meyerton Atletiekklub se amptelike Facebook-blad vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button