Vertoonvlieëniers gaan Parys se hemelruim optower
PARYS. - Op Saterdag 28 Mei, van 08:00 tot 17:00 sal die lug in die streek vol lewe wees danksy kunsvliegaksie deur van Suid-Afrika se beste vertoonvlieëniers.
Die 2022 Parys Airshow, ‘n eerste in sy soort, sal die beste van Suid-Afrika se kunsvliegspanne en vertoonvlieëniers bied.
Daar kan uitgesien word na ‘n dag van indrukwekkende kunsvlieg deur bekende vlieëniers soos Nigel Hopkins en Jason Beamish in hul Extra 300’s.
Van die ander hoogtepunte sluit in die Puma Flying Lions in hul T-6 Harvards, die Hired Gun Aerobatic Span wat die skare opgewonde sal maak met hul Pitt Specials, en die kundige Marksmen Aerobatic Span (al die pad van Kaapstad af).
Behalwe vir al die vermaak in die lug, sal die Parys Boeremark en Biertuin sorg vir vermaak op die grond en bydra tot ‘n onvergeetlike gesinsdag.
Kaartjies is beskikbaar by webtickets.co.za, of landwyd by enige Pick ’n Pay-winkel. Beperkte kaartjies is ook by die hek beskikbaar op ‘n eerste-kom-eerste-bedien basis.


