Local newsNewsNews

Burgemeester en sy komitee gekap oor “aanval op wittes”

Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, en lede van sy burgemeesterskomitee word wyd gekritiseer oor die manier wat hulle Woensdag (4 Mei) wit gemeenskapslede in die publieke galery aangeval het tydens 'n vergadering van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

VEREENIGING. – ‘n Mosie van wantroue is tydens die raadsvergadering deur rdl. Gerda Senekal van die Vryheidsfront Plus teen die burgemeester, rdl. Sipho Radebe, ingestel in ‘n poging om Radebe uit die kussings te lig.

Senekal het gesê die mosie word ingestel omdat Radebe versuim het om sy wetlike verpligtinge en verantwoordelikhede as burgemeester na te kom en omdat hy nagelaat het om die plan vir finansiële herstel van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te implementeer.

Die ongekwalifiseerde ouditverslag wat die munisipaliteit ontvang het, oortyd wat aan munisipale amptenare betaal word, die gebrek aan basiese goeie regering, sowel as die negatiewe persepsie van die munisipaliteit vorm ook deel van die aanklag teen Radebe.

Die mosie het egter misluk nadat 47 raadslede dit teengestaan het, teenoor die 41 raadslede wat die mosie ondersteun het.

Radebe het die mosie teen hom afgemaak as “’n poging om wit oorheersing te bevorder.”

Hy het kort daarna ‘n struggle liedjie gesing. Lede van die ANC het ingeval en saam gedans.

Rdl. PC Davids (ANC) het tydens die vergadering gevra dat die speaker die mense in die publieke galery “uitjaag” nadat hulle hande vir Senekal geklap het.

Hy het later gesê: “Hulle probeer hulle eie belange beskerm. Kyk bietjie na die mense in die galery. Kyk na hul gesigte, kyk na hul ouderdomme. Hulle probeer ons ontspoor!”

Ek wil verder gaan en sê: Ons gaan die land vat! Without any doubt,” het hy gesê.

Rdl. Hassan Mako, burgemeesterskomiteelid vir finansies en inkomste het gesê die mosie is ‘n poging deur die “1652-generasie van wit setlaars wat ons land gesteel het” om terug te veg teen die administrasie se goeie werk.

“Kredietkontrole sal toegepas word sonder vrees of voorkeur! Of jy nou mense na die publieke galery kan aanry in busvragte, of nie! Ons gaan kredietkontrole toepas by die 353 maatskappye wat die munisipaliteit R321 miljoen skuld!” het hy gedreig.

Rdl. Tebogo Tlhokwe (DA) het na afloop van die vergadering gesê die Demokratiese Alliansie het die mosie wat deur die Vryheidsfront Plus ter tafel gelê is ondersteun omdat die party glo dat die gemeenskap van Emfuleni bekwame leierskap verdien wat dienslewering eerste stel.

Tlhokwe het gesê dit is betreurenswaardig dat die burgemeester wit gemeenskapslede in die publieke galery aangeval het.

Hassan Mako, burgemeesterskomiteelid vir finansies en inkomste sê die mosie is ‘n poging deur die “1652-generasie van wit setlaars wat ons land gesteel het” om terug te veg teen die administrasie se goeie werk. Foto: Christiaan Cloete
Radebe het die mosie teen hom afgemaak as “’n poging om wit oorheersing te bevorder.” Foto: Christiaan Cloete
Rdl. PCR Davids het die speaker gevra om die mense in die publieke galery uit te jaag en en later gesê: “Ons gaan die land vat!”
Rdl. Jonas Radebe, burgemeesterskomiteelid vir omgewingsbestuur, meen die mosie teen die burgemeester is gebring deur “agente” van kolonialisme. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button