Local newsNewsNews

’n Nuwe Afrikaanse Bybel 2020-vertaling vir Hoërskool Overvaal

VEREENIGING. - Hoërskool Overvaal is al die dertiende skool wat die FAK se Kultuurnetwerke besoek het om die nuwe Afrikaanse Bybel 2020-vertaling te oorhandig.

VEREENIGING. – Volgens dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, is die verskyning van ’n nuwe Afrikaanse Bybel nie net belangrik vir die kerk nie, maar het in ’n tyd waar Afrikaans op soveel terreine uitgeskuif word ook groot kulturele betekenis.

“Die Bybel is immers steeds die fondament waarop blywende vriendskappe en goeie verhoudinge in die land gebou kan word,” sê Langner.

Die belangrikheid van die jeug se betrokkenheid om die Afrikaanse taal, kultuur en geskiedenis te bevorder vir die toekoms is ook tydens die geleentheid aangeraak, asook hoe dit in skole bevorder kan word.

Volgens Stephan Schoeman, adjunkhoof van die Hoërskool Overvaal, is hierdie vir hulle ook ’n ontsaglike belangrike saak.

“Die hofsaak wat die skool gewen het om die skool Afrikaans te hou, is net weereens ’n bewys van hoe trots hierdie skool op ons taal is en wat dit alles vir ons beteken,” sê Schoeman.

Barry Müller, kultuurkoördineerder van die FAK, sê dat daar ’n duidelik en trotse Afrikaanse kultuur by hierdie skool bestaan en dat skole soos hierdie werklik help om te verseker dat ons Afrikaneridentiteit voortbestaan.

Müller vertel, “As meer onderwysers en leerlinge so kan wees, dan is daar werklik hoop vir ons taal se toekoms op skoolvlak!”

Die FAK beoog om nog vele skole te besoek as deel van dié besonderse projek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button