Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Vaalweekblad is elke Woensdag te koop by jou naaste groot winkel of vulstasie. Lekker lees!

Daar is alweer ‘n week verby en Vaalweekblad is van môre af beskikbaar. Die koerant is behoorlik gelaai met allerande stories en dinge.

Dit wil vir my lyk almal is kwaad vir die burgemeester, maar dis nie my storie nie so ek sal nie uitbrei nie.

Die sportblaaie is ook gepak met die jongste treffer foto’s van die Vaal se presteerders, maar ek is nie een om uit te praat nie, so julle sal self die koerant moet lees.

Van my kant af is daar ‘n verskeidenheid van goeie nuus stories.

Lees meer oor Klein Handré Read, Laerskool Vaalrivier se skoolhoof, Henro Read se seuntjie se vordering in die hospitaal na die ongeluk waarin die gesin betrokke was.

Ons maak kennis met Rozaan Steyn, ‘n MS-lyer wat met haar wandelstok, Freddie in die hand, regmaak om Tafelberg te gaan uitstap!

In my rubriek, Ek sê maar net, praat ek oor afskeid en familie en vriende wat verder as ver buite landsgrense bly. Ek vertel ook die storie van my en my Twin wat hoeka nou Swede toe getrek het.

Verder het ek lekker saam met Gert Janse van Rensburg van The Bar with no NAME op die walle van die Vaalrivier gekuier.

En dan is daar nog stories oor ADK se komedie aand, Liewe Heksie wat kom kuier en Die Ankerskool wat een van die min skole in die land is wat nog stoei as ‘n sport aanbied.

Dus geagte lesers, moenie vergeet om die Vaalweekblad op Woensdag, 11 Mei te koop nie en boek solank vir jou ‘n uur uit van lekker lees met ‘n warm beker boeretroos.

Ns. Die antwoord op die blokraaivraag 9 dwars is Rozaan, maar julle het dit nie by my gehoor nie!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button