Local newsNewsNews
Haai, wat is daai in die enjin baai?
Die nooddiens personeel van ER24 is altyd gereed om mense lewens te probeer red, maar het gister net so hard gewerk om 'n dassie uit die enjin baai van 'n motor te red.
Die voorval het by die parkeerterrein van die Life Fourways Hospitaal in Johannesburg gebeur. Die dassie het in die enjin baai van die motor geklouter en die eienaar van die voertuig (‘n suster wat by die hospitaal werk) het ER24 se hulp ontbied.
ER24 se personeel het hard gespook en uiteindelik daarin geslaag om die dassie uit te kry. Die dassie is in ‘n vangnet gevang en aan die DBV oorgegee sodat hy weer op ‘n veilige plek in die wild vrygelaat kan word.

* Dankie aan Life Healthcare, ER24, die DBV en almal wat gehelp het dat die dassie ongedeerd sy lewe kan voortsit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

