Local newsNewsNews

Handré Read (5) steeds onder sedasie, gebede gevra

Laerskool Vaalrivier se hoof, Henro Read en sy gesin is dankbaar vir almal se gebede en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tyd.

VANDERBIJLPARK. – Laerskool Vaalrivier se skoolhoof, Henro Read en sy gesin was Donderdag, 28 April in ‘n ernstige motorongeluk.

Die hele gesin is in die ongeluk beseer. Henro het sy rug seergemaak, sy vrou Karen het drie ribbes gebreek, klein Sion (2) het ‘n haarfraktuur opgedoen en hul oudste seun Juan (9) het beentjies aan die agterkant van sy een rugwerwel gebreek.

Beide Karen en Juan was in intensiewe eenhede opgeneem, maar is intussen ontslaan.

Juan was gelukkig om ‘n operasie vry te spring, maar moet vir ses weke ‘n rug- en nekstut dra.

Hul grootste bekommernis is egter Handré (5). Hy het ‘n ernstige kopbesering opgedoen en is tans in Alberton in die hospitaal waar hy reeds ‘n operasie ondergaan het.

Teen Dinsdagoggend, 10 Mei was Handré steeds onder sedasie en aan ‘n ventilator gekoppel.
Henro het laat weet die dreineringspyp is uit sy kop gehaal, sy bloeddruk is laer en sy niere funksioneer perfek.

“Hy is stadig besig om wakker te word. Hy reageer as ons aan sy hand of voet vat, maar hulle hou hom vir eers onder sedasie vir die pyn.”

Vrydag, 13 Mei 2022 het Henro laat weet: “Handretjie is steeds stabiel. Sedasie word verminder om hom te begin wakker maak, maar dis ‘n lang proses. Verder is als maar nog dieselfde.”

Henro het gesê die hele familie is steeds baie geskok. Hulle bly tans by sy vrou se broer Pieter, in Kemptonpark, omdat dit nader aan Handré is.

Hy het sy waardering uitgespreek vir elke boodskap wat hulle ontvang en elke gebed wat opgaan.

“Ons sien die gebede en wonderwerke. Die mense van die Vaaldriehoek en ook die res van Suid-Afrika dra ons. Baie dankie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button