Ywerige landloopatlete by die wegspring van die 3km vir meisies en seuns o.12. Foto: Christiaan Cloete
VANDERBIJLPARK. – Atletiek Vaaldriehoek (AVT) se landloopliga het op Saterdag 7 Mei 2022 afgeskop met die eerste byeenkoms wat by Hoërskool Transvalia gehou is.
Hierdie Saterdag (14 Mei 2022) se byeenkoms word by Noordwes Universiteit se Vaaldriehoekkampus gehou.
Die Atletiek Vaaldriehoek Landloopliga vind tussen 7 Mei en 20 Augustus plaas en bestaan uit sewe byeenkomste, insluitend die provinsiale kampioenskappe wat op 20 Augustus by die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus plaasvind.
Atlete wat vir die Vaaldriehoek-span gekies word sal op 17 September aan Atletiek Suid-Afrika se nasionale landloopkampioenskap in Rustenburg deelneem.
Reinhardt Uitenweerde (o.16) van Hoërskool Driehoek en Stephan Nel (65 – 69) tydens die eerste byeenkoms van Atletiek Vaaldriehoek se landloopliga wat op 7 Mei 2022 by Hoërskool Transvalia gehou is. Foto: Christiaan CloeteElmore Meyer (o.12) en Merceles van Zyl (o.13) neem deel aan die eerste landloopbyeenkoms wat op 7 Mei 2022 by Hoërskool Transvalia gehou is. Langs hulle hardloop Kudzai Sithole. Foto: Christiaan CloeteBeu-Anne Bester, ‘n o.12-landloopatleet in volle vaart tydens die 3km-wedloop vir meisies. Foto: Christiaan CloeteLandloopafrigters spook dit uit tydens die “Coaches Run”. Foto: Christiaan CloeteAli Mohammed van Blue Runnings-atletiekklub in aksie tydens die 6km vir seuns o.17. Foto: Christiaan Cloete‘n Onbekende atleet se nommer wapper in die wind terwyl hy om die draai gehardloop kom. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!