Local newsNewsNews

Stoei nog tops by Die Anker

Plaaslike skool een van die min skole in die land om nog stoei as sport aan te bied.

VANDERBIJLPARK. – Landswyd is daar nog net sewe skole wat stoei amptelik as ‘n sport aanbied. Vanderbijlpark se eie Die Ankerskool is een van daardie skole.

Die Anker stoeiklub se afrigter, Quinton Tolmay vertel trots hoe hul skool vyf Suid-Afrikaanse kampioene voor die Covid-pandemie gehad het.

“Ons vrouespan was die nommer 1 vroue stoeiklub in die land,” vertel hy.

Quinton is self ‘n stoeier wat daaraan werk om Suid-Afrika by die Veterane Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig. Hy is ook die President van die Sedibeng Stoei Federasie.

Vir eers is sy fokus by die skool se stoeiers wat hierdie jaar vir die eerste keer sedert die pandemie begin het om weer aan toernooie deel te neem.

“Ons het tans sowat 40 leerlinge wat daagliks oefen. Hulle is baie gemotiveerd en weet dat die leerlinge wat opdaag vir oefening gekies word om aan toernooie deel te neem,” verduidelik hy.

By Die Ankerskool word daar mooi na die stoeiers gekyk. Elkeen kry hul stoeipakke en skoene by die skool en die skool betaal ook vir hul inskrywingsgelde vir toernooie.

“Ons mik hoog vir ons spanne en hoop om hierdie jaar weer seuns en dogters na die SA kampioenskappe te stuur,” sê Quinton.

Die seuns en dogters ding mee in verskillende ouderdoms- en gewigsklasse. Dan is daar ook die Presidente toernooi waar hul volgens gewig deelneem en nie ouderdom nie.

In 2019 het Die Ankerskool teen van die land se grootste skole, onder andere Grey College, Sarel Cilliers en HTS Drostday, aan die SA Skole kampioenskappe deelgeneem.

Die Anker het hul goed van hul taak gekwyt en het ‘n algehele derde plek behaal. Hulle sien uit daarna om weer aan die SA’s in Oktober deel te neem.

Daar is baie voordele om kinders aan stoei te laat deelneem. Nie net help dit om selfvertroue en ‘n goeie selfbeeld te bou nie, dit help kinders ook om te fokus, probleme op te los en ontwikkel hul motoriese vaardighede.

Quinton sê een van die skool se stoeiers is outisties en kon nie verdra dat iemand aan hom moes vat nie. Hy het begin stoei en vandag is hy deel van die afrigtingspan.

Quinton sê daar is tans ‘n oplewing van stoei in die groter Sedibeng area.

“Ons het nou weer vyf klubs, naamlik Heidelberg stoeiklub, Souple in Meyerton, Vaal-, Vanderbijlpark- en Die Anker stoeiklub.”

Indien daar enige nuwe of oud-stoeiers is wat weer wil betrokke wil raak, kan hulle vir Quinton by 084 601 0391 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button