Local newsNewsNews

Die pragtige Super Flower Blood Moon

Sondagaand en in die vroeë oggend ure van Maandag (16 Mei) was die Super Flower Blood Moon (maan verduistering) in sekere dele van die land sigbaar.

Die Mei-volmaan word die Flower Moon genoem omdat dit terselfdertyd geskied as wanneer die lente blomme in the noordelike halfrond blom en dit was ‘n supermaan omdat die volmaan op sy naaste in sy wentelaan aan die aarde was.

Die maan het vir ‘n wyle ‘n rooi tot oranje skynsel gehad. Hoewel die prag-verskynsel in baie dele van Suid-Afrika deur die wolke weggesteek was, was daar wel dele waar dit duidelik waargeneem kon word.

Yvonne de Kooker, ‘n professionele fotograaf van Brandfort, wat ook ‘n lid van Vaalweekblad se fotogroep is, het die pragtige foto’s geneem. Sy sê dit was bitter koud, maar die moeite werd om die foto’s te neem.

Yvonne de Kooker het die hele gebeurtenis pragtig op kamera vasgevang.

Back to top button