Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Waar kan jul die week saam met my kuier in die Vaalweekblad?
Vaalweekblad is weer van Woensdag, 18 Mei beskikbaar by jou naaste winkel of vulstasie.
Die week is daar weer allerande nuusbrokkies van die munisipaliteit wat alweer (steeds) geld mors tot Transvalia se rugbyspan wat goed gevaar het op die rugbyveld.
Maar dis ander joernaliste se kalwers waarmee ek nou ploeg, so uitbrei kan ek nou nie uitbrei nie.
Uit my eie pen, kan jul die week nader kennis maak met Francois Roux, bekende ouditeur en fotograaf van Vereeniging en dan is daar ‘n berig oor ‘n skrywer van Vanderbijlpark.
Ek het vir Pastoor Gerard Botha van Deo Credo gemeente gaan hallo sê en welkom geheet. Hy en sy gesin het so pas vanuit Bothaville na Vanderbijlpark getrek.
In my rubriek, Ek sê maar net …, het ek baie te sê oor ‘n klomp dinge tegelyk, van geld wat vermors word tot by die belangrikheid al dan nie van 31 Mei.
Onthou om dus die koerant Woensdag te koop en tyd uit te boek vir onstpan met ‘n groot beker boeretroos en beskuit. Lekker lees!
Ns. Die blokraai is vreeslik moeilik die week, maar as julle ‘n geheim kan hou, 5 af se antwoord is FAK – maar julle het dit nie by my gehoor nie!
