Local newsNewsNews
‘Monsters’ maak amok by Ultimate Outlaws
VEREENIGING. - Daar was meer as genoeg opwinding en aksie tydens die laaste wedrenbyeenkoms by Ultimate Outlaws, danksy ‘n bonus vertoning deur “Monster Trucks”.
Die pawiljoene was lekker volgepak en die renjaers in die verskeie klasse het nie teleurgestel nie.
Met die aanbreek van pouse het toeskouers nie soos oudergewoonte hul sitplekke verlaat nie, maar aanskou hoe die “Monster Trucks” laat waai in die middel van die baan. Daar was lekker vermaak toe een van die bestuurders sy monster laat rol het.

Volledige uitslae en nog aksie foto’s in die week se Vaalweekblad (18 Mei).
* Die volgende byeenkoms is op Saterdag, 4 Junie by die skougronde in Vereeniging. Wedrenne begin om 16:00.
Elsje Vermeulen het van die aand se aksie op kamera vasgevang






At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
