LifestyleLocal newsNewsNews

Ou Vereeniging: Nuwe hofgebou in 1989 betrek

Het jy interessante stories oor Vereeniging se geskiedenis? Kontak Retha by 083 246 0523

Vereeniging herdenk vanjaar sy 130ste bestaansjaar. Om dit te vier, plaas Vaalweekblad dwarsdeur 2022 interessante ou berigte, stories en staaltjies oor die stad in ons papier- en elektroniese publikasies.

Vereeniging se howe

Vereeniging se eerste hofgebou, wat in die vroeë 1900’s gebou is, is in 1989 ontruim en gestroop toe die Departement van Justisie die nuwe landdroskantore in Lesliestraat betrek het. ‘n Jarelange inwoner van Vereeniging, mnr. André Gerber, onthou nog die dae toe hy in 1988 as ‘n jong regstudent in die mooi ou gebou, wat so drie blokke van Genl Smuts High School af was, begin werk het. “Ons moes help om al die meubels en dokumente na die nuwe gebou, wat nogal ultramodern vir sy tyd was, te verskuif,” sê André.

Foto bo: Die nuwe hofgebou in Lesliestraat, wat met sy ingebruikneming as besonder modern beskryf is.  Foto onder: Vereeniging se eerste hofgebou, wat omstreeks 1906 gebou is en in die 1980’s ontruim en gesloop is.

HET JY ‘N LEKKER STORIE? –  Lesers wat weet van interessante gebeure uit Vereeniging se ou dae, kan gerus vir Retha Fitchat laat weet by 083 246 0523.

************************************************************************************

Back to top button