Local newsNewsNews
Huldeblyk bring verkeer in Sasol tot stilstand
SASOLBURG. – Verkeer was gisteraand (18 Mei) by die fonteine-sirkel in Sasolburg tot ‘n stilstand gedwing. Die oorsaak van die verkeerknoop was ‘n huldeblykseremonie waartydens dosyne kersie langs die pad aangesteek is, ter nagedagtenis aan die persone wat hulle lewens glo Sondag in ‘n minibus-ongeluk verloor het. *Die presiese feite rondom die ongeluk en gebeure …

SASOLBURG. – Verkeer was gisteraand (18 Mei) by die fonteine-sirkel in Sasolburg tot ‘n stilstand gedwing.
Die oorsaak van die verkeerknoop was ‘n huldeblykseremonie waartydens dosyne kersie langs die pad aangesteek is, ter nagedagtenis aan die persone wat hulle lewens glo Sondag in ‘n minibus-ongeluk verloor het.
*Die presiese feite rondom die ongeluk en gebeure was ten tyde van die publikasie van dié berig nog nie bekend nie. Die feite sal in ‘n opvolgberig verskyn sodra ‘n persverklaring of korrespondensie van die SAPDS ontvang is.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
