Local newsNewsNews

Van karwag tot ambagsman!

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg! Gert Swanepoel was ‘n karwag en is nou ‘n ambagsman!

As dit jou nie sal inspireer om die beste van jou lewe te maak nie, sal niks.

Gert (nie bekend van watter dorp hy is nie) het vertel dat hy een aand by die huis gekom het na sy dag se werk in die parkeerarea. Sy seuntjie het die geld gesien en gesê: “Dis cool, ek wil ook eendag ‘n werk soos pa hê.”

Net daar het Gert besef hy wil ‘n ander rolmodel vir sy seuntjie wees.

Gert Swanepoel is nou ‘n ambagsman.

Die Solidariteit Helpende Hand het hom gehelp met sy studies. Hy het sy ambagstudie by Sol-Tech begin en het onlangs gepromoveer. Hy is oppad vir sy prakties in Bethlehem.

“Sy studies is moontlik gemaak deur gewone mense, soos dalk jy, wat klein bydraes maak, “het mnr. Dirk Hermann (Bestuurshoof van die vakbond, Solidariteit) op sosiale media gesê.

Dit is die krag van #ElkeenHelpEen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button