Local newsNewsNews

Ystervark welkom by dié Vaaloewer-inwoners

VAALOEWER. - Plaaslike inwoner Annetjie Smith is 'n groot diereliefhebber wat "nie 'n bang haar op haar kop het vir enige dier of insek, van 'n spinnekop tot 'n olifant, nie". Sy het dus glad nie gehuiwer om die vreemde besoeker in haar tuin te verwelkom nie.

“Ons het so twee maande gelede hierheen verhuis juis omdat ek ‘n kuns- en natuur-tipe mens is. Ons gooi elke dag mieliepitte en kos vir die wilde voëls. Hier is al baie voëlsoorte wat mak begin raak en elke dag kom eet,” vertel Annetjie.

Hulle het een dag ystervarkpenne in die erf opgetel, en so maand gelede die eienaar van die penne omstreeks 21:00 in die tuin gesien weglê aan die mieliepitte.

“Wat n belewenis vir my wat nie eers ‘n spinnekop sal doodmaak nie! Ons merk toe dat die ystervark so elke derde dag van die mieliepitte kom eet.  Na ‘n Google-sessie begin ons toe saans piesangs en appels uitsit vir ons kuiergas.”

Die ystervark lê weg aan die kos wat vir hom uitgesit is.

Annetjie, wat ook baie lief is vir foto’s neem (sommer so met haar selfoon) het besluit om te kyk of sy die ystervark kan afneem. Sy was verheug toe sy uiteindelik daarin geslaag het.

Sy het dit reggekry om die ystervark se vertroue te wen. Sy staan al so armlengte van hom af sonder dat hy weghardloop.

“Ek het nogal ‘n aanvoeling en verbinding met enige diere. Ek hoop die ystervark sal my genoeg vertrou om binnekort ‘n appel uit my hand te eet,” sê Annetjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button