Dogters-rugby skop af in die Vaal
VANDERBIJLPARK. - Dogters-rugby is hier en bied nou geleentheid aan sportgeesdriftiges van die skoner geslag om hul talent op die rugbyveld te wys.
Daar is verlede naweek proewe gehou by die Hoërskool Suiderlig in Vanderbijlpark en sowat 55 spelers (o/15 en o/16) van regoor die Vaal en Sedibeng het deelgeneem aan die Albertina Sisulu Rugby Festival.
By die proewe was dit duidelik dat dié sportsoort nog baie nuut vir die dogters is en dat daar ‘n lang pad met die ontwikkeling van die sport onder vroue voorlê … maar mens moet eers kruip voor jy kan loop.
Dit was die eerste rondte proewe vir plek in die Valke o/16 span wat in Julie aan die Nasionale week in Welkom gaan deelneem, en die Valke o/15 span wat aan die Winter Games gaan deelneem.
Die tweede rondte proewe sal moontlik die naweek in Springs plaasvind, waarna die finale spanne gekies gaan word.
Hier is van die dag se aksie op kamera vasgevang deur Elsje Vermeulen







