Local newsNewsNews

Eskom verhoog beurtkrag na Fase 4

Die verlies van drie opwekkingseenhede het Eskom genoop om beurtkrag na Fase 4 te verhoog vanaf 13:00 tot 22:00 Saterdag (21 Mei 2022).

Fase 4-beurtkrag sal ook vanaf 08:00 tot 22:00 Sondag (22 Mei 2022) duur.

Volgens ’n verklaring wat vroeër deur Eskom uitgereik is het twee eenhede by die Hendrina-kragstasie en een eenheid by die Lethabo-kragstasie buite Vereeniging onklaar geraak.

Tesame met die vraag aan elektrisiteit wat 1 200 MW hoër as wat verwag is het dit Eskom gedwing om Fase 4-beurtkrag in te stel.

Die nutsmaatskappy het Suid-Afrikaners gevra om saam te werk deur toestelle wat onnodiglik krag trek af te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button